Villa Gloria
Villa Gloria Losieshuise Edms Bpk.
Reg.no: 2001/002136/07
Btw.no: 4790193215
Engelbrechtstraat 25
Oatlands
Krugersdorp,1739.
Tel.no: 083 655 4700
Faks.no: 086 6015349.
Email: villagloria@absamail.co.za
Villa Gloria,die storie agter die storie.
Deur Daniel en Ansie Geyer.
Vir die afgelope elf jaar, (01 September 1999), kyk ons na julle broers, susters, ma’s, pa’s, kinders en hulle kinders, almal vir wie julle nie kans sien of nie kan bekostig nie. Villa Gloria, staan vir God seën die woonplek, en ‘n seën was dit nog sover vir almal. Daar woon tans 170 mense op Villa Gloria, waarvan 51 kinders en 18 pensioenarisse is. Dit is goeie mense wat hier bly, al het baie van hulle ‘n drank of dwelm probleem.Ons dissiplineer egter die drank en dwelmmisbruikers en weet hulle dit is ontoelaatbaar om dit op die perseel te gebruik. Na drie waarskuwings kan hulle hul blyplek verloor, maar dit gebeur darem nie baie nie.Ons probeer hulle eerder aanmoedig om hulp te soek of ons probeer om self vir hulle hulp te kry.
Hulle prioriteite is ook nie altyd agtermekaar nie maar hulle wil om op te staan en aan te gaan met die lewe is nog sterk. Ons kyk eerder agter die dronkie deur hom/haar veilig in hul woonplek te plaas, waar hulle hul roes kan afslaap, en help hulle kinders as wat hulle op straat gegooi word en gewoonlik aangerand en beroof word.
Ons gee verblyf aan mense wat deur omstandighede soos hoë huurpryse, werke met ‘n minimum inkomste soos karwagte,en mense wat se gewoontes dalk ander mense en hul familie sou irriteer, ou mense met ‘n staatspensioen wie se kinders nie ‘n ouetehuis kan bekostig nie,en jong mense wat nou net begin werk.
Almal wat op Villa Gloria bly, betaal vir hul verblyf,(vanaf R250 pm tot R1800 pm),(Daar is net 1 eenheid vir R1800 pm en daardie mense weet hulle subsidieer die drie gesinne wat werkloos is.) ONTHOU dit, as jy werkloos op Villa Gloria raak beteken dit nie die einde van die wereld nie,ons probeer om dadelik weer vir jou werk soek by ons vele kontakte. Dis nou as ons nie self vir jou werk skep nie.Terwyl iemand werkloos is word daar dikwels slegs van ons kant af plan vir hulle gemaak,wat die betaling vir hul verblyf aanbetref.Gelukkig het ons heelwat barmhartige samaritane wat help met kos en klere skenkings. Daar werk tans 10 mense vir Villa Gloria waarvan 9 op die perseel woon. Dan verder betaal elke gesin R20pm vir die riool (pensioenarisse betaal m.i.v.01 Oktober geen rioolgelde nie.)(Hulle het net vir Augustus en September betaal, R10 elk.)
Ons het Septic tenks wat altyd deur die stadsraad leegemaak was vir R500 pm.
Hulle lewer egter nie meer die diens nie en moet ‘n privaat kontrakteur dit nou doen vir R1930.
Tien jaar gelede het ons die stadsraad van Krugersdorp genader vir munisipale riool, wat hulle aangedui het hulle kan dit vir ons doen vir +/- R50000 wat ons self moet bydra.
Ons het gemiddeld 35 tot 50 gesinne wat by ons aansoek doen per maand.
Ons omset is egter baie klein,50% mense bly vier tot agt jaar,25% mense bly langer as twee jaar,20% mense bly langer as ses maande,en 5% bly tussen een en ses maande.Ons kan slegs meer mense inneem as ons meer plekke het.
Ons gaan geen kontrakte met die mense aan nie,want onthou ons is net ‘n halfweg huis,en as jy na ‘n tydjie by ons voel jy is reg vir die lewe daarbuite,moet daar nie nog ‘n kontrak wees wat jou terughou nie.Jy kan dus enige tyd besluit om ons te verlaat uit jou eie vrye wil.
Ons het baie suksesverhale van mense wat op Villa Gloria gewoon het vir ses maande of langer en dan buite ‘n geleentheid losgeslaan het, waar hulle ‘n suksesvolle lewe buite kan lei.
Dan het ons egter ook minder goeie verhale waar mense se gedrag van so aard is dat die ander mense aangerand word of die kinders die gevaar loop om aan dwelms of drank blootgestel te word.Daardie mense word gewoonlik dan gevra om ons eerder te verlaat,want onthou die kinders kom altyd eerste.
Ons werk dan ook op ‘n opbou stelsel waar jy onder , dit is nou by die sinkhuisies begin en dan deur goeie gedrag, afhangende van die bekostigbaarheid daarvan, opgeskuif kan word na ‘n beter eenheid,maar daarteenoor kan jy ook deur swak gedrag of higene,weer terug verskuif word.Ons is baie streng op higene en ry ons trok weekliks met vuilgoed wat nie deur ons 12 asblikke hanteer kan word nie,na die munisipale asgate.
Ons herwin ons riool oorloopwater deur dit op die tuine uit te pomp,aangesien die rou riool gereeld uitgesuig word.
Die fondse wat deur mense op Villa Gloria gegenereer word,word dan gebruik om al die uitgawes soos salarisse,lone,verband,water en ligte,versekerings,voertuie,rekenaars,telefone,prokureur,boekhouer,(ons betaal belasting en elke tweede maand moet ‘n btw staat ingehandig word.),ens te betaal en dan moet daar nog badkamers en kombuise vir die mense opgesit word.
Ons kry geen staatshulp nie en is heeltemal afhanklik van ons eie inkomste,projekte en harde werk.Ons kan met trots sê ons lê nie op al die belastingbetalers se nekke nie,inteendeel ons dra ons deel tot die staatskas by sonder teenkanting.
Meer oor Daniel en Ansie.
Ons het vir agt jaar ook op Villa Gloria gewoon,twee pragtige dogters grootgemaak,wat ons nou voltyds met die Lucky Packet projek help.Ons het egter besluit om ons woning van 27 vertrekke te verlaat,en ‘n kleiner woning op die perseel te betrek,sodoende het ons vir 13 gesinne plek gemaak.Ons maak ook ‘n aanvaarbare lewe uit Villa Gloria en het ons die vruggebruik van Villa Gloria se bates waar daar na ons dood ‘n trust verdere besluite sal neem.
Villa Gloria sal bewaar word vir die nageslag.
Ek glo vas dat Villa Gloria vir ons deur Die Here op ons pad geplaas is juis om daardie vlak van mense wat nog nie totaal en al moed verloor het,te help.
Ongeveer vyf jaar gelede was ons motto nog “you pay,you stay,you don’t pay,your’e on your way”.Maar omstandighede het so verander dat ons eers alles in ons vermoe sal doen om jou te help voor ons so ‘n drastiese stap sou neem.Prys Die Here ons het ‘n 100% slaagsyfer met ons hulpverlening,sover.
Ons het ook ‘n oop verhouding met die mense en deur gereelde vergaderings weet almal altyd waar ons met mekaar staan.Alles wat ons aan die mense gee is onvoorwaardelik en skuld hulle ons niks daarvoor nie.Ons dwing ook nie mense om teen hul wil by ons te bly nie en dink ons ook nie ons reëls is onregverdig nie.Opsommend kom ons reëls daarop neer dat jy nie aan ander moet doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.
Goed ek erken dat ek ook kanse vat deur sonder munisipale toestemming ‘n paar tydelike plekke op te sit en seker te min badkamers en kombuise het en ons kragvoorsiening te min is,maar Die Here weet ek probeer en weet ook nie altyd watter kant toe nie.Dit wat ons tans bied is al wat ons kan bekostig maar ons is voortdurend besig om dit beter en makliker vir almal te maak en weet ek in my hart dat die stadsraad dit ook weet en maar nou en dan anderkant toe kyk.Hulle raad en bystand sal waardeer word want op die ou einde wil ons ‘n aanvaarbare en op standaard met die stadsraad se bepalings en regulasies ‘n laekoste projek met mooi 2 slaapkamer huisies met hul eie badkamer,kombuisie en sitkamer teen 'n billike tarief aan ‘n gesin uitverhuur kan word en sodoende nog ‘n beter diens aan die mense te verskaf.
Die einddoel is dat ons ‘n behuisings projek wil skep wat selfvoorsienend is en steeds nie die staat of ander instansies nodig sal hê nie.Ons probeer tans om genoeg fondse self te genereer sodat ek in samewerking met die stadsraad ‘n aksieplan kan voorlê om ‘n groot genoeg verband te kan kry om hierdie projek te finansier.Ons projek moet dan ook in ooreenstemming met die staat se plan om laekoste behuising in die goeie buurte te meng met luukse behuising sodat ook die mindergegoede mense naby hul werksplekke kan woon.
Ons behuising sal netjies wees en sal dit nie ontwikkeling in die omgewing knou nie,alhoewel ek voel dat daar nie ‘n verwysing moet wees na rykes en armes nie.Ons is almal eenders en gaan almal in dieselfde hoedanigheid voor God sal moet staan om rekenskap te gee.
Ons wil net baie dankie aan almal wat alreeds so baie vir ons doen en ook veral vir die stadsraad se geduld met ons mense en wil ons net ons volgehoue samewerking en volharding aan al ons mense op Villa Gloria afsweer en voor Die Here belowe dat ek en Ansie julle waar menslik moontlik nie in die steek sal laat nie.
Ongelukkig is daar baie mense wat neerkyk op Villa Gloria vir wie ons dalk ‘n verleentheid is,en vra ek opreg dat hulle eerder kom help as om negatiewe aanmerkings ten opsigte van die mense te maak ,onthou ek sê weereens hierdie is goeie Christen mense wat wil opstaan en net ‘n bietjie hulp nodig het.
Om op te som,kom besoek ons en gee raad en bemoediging,help ons om ons einddoel te bereik. Met opregte dank
Villa Gloria was established in 1999 as a boarding house with only 6 rooms.
As many families with kids arrived on the scene, we decided to convert all the stables and milkrooms into little flats, so that we could accomodate them.
In 2003 we started some projects to help the people who could not by any reason pay their rent, or was put out of their homes. Some of them, even their family's chased them away. We soon had a huge problem with pensioners without accomodation.
Pensioners
Kids
Projects
Ons sal nooit daaroor by julle kla of julle daarvoor verwyt nie.
Daniel en Ansie Geyer. 2007-09-12.
We have 18 pensioners living at Villa Gloria Communes.
Brenda has been staying here for 11 years...
There are 51 kids currently staying at Villa Gloria.
Every year at Christmas, we try to make it a little special for all the kids.
